top of page

Visie & Missie

Ons roeping is die kweek van gebalanseerde en gelukkige kinders wat elkeen tot sy volle potensiaal in ‘n gunstige omgewing deur gedissiplineerde, doelgerigte en gesonde onderrig en opvoeding ontwikkel word.

 

ONDERRIG

KULTUUR

FOKUS

Ons streef na hoë en gebalanseerde stan-daarde in Akademiese - en Buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word in voldoende en effektiewe geriewe. Ons poog om met gesonde dissipline 'n gesonde en emosionele volwassenheid by elke kind te kweek. Ons streef om met effektiewe bestuur by te hou met moderne onderrigmetodes tot voordeel van die kind.

Ons wil ‘n omgewing binne die skool skep waar ons leerders hul Afrikaanse Godsdienstige Karakter en Kultuur volkome kan uitleef sonder om ander kulture en gelowe te misken.

Om 'n atmosfeer te skep van gelyke geleenthede aan alle leerders, waarbinne die kind sy volle kindwees kan uitleef. Om in vennootskap met opvoeders, tevrede en betrokke ouers, die kind se potensiaal maksimaal te ontwikkel. Om ‘n atmosfeer te skep wat voorsiening maak vir die diversiteit van die land se bevolking- en godsdiens-samestelling sodat elkeen dit erken en respekteer. Wesbank is in diens van sy gemeenskap en sal te alle tye optree in ooreenstemming met die bepalings van die Grondwet van Suid-Afrika.

W sonder background.png

Skool & Personeel

Die Beheerliggaam, opvoeders en ouers van die skool ag dit belangrik dat die godsdienstige karakter van die skool gehandhaaf en uitgebou word.

 

Die skool se prestasies op akademiese-, sport- en kultuurgebied is alombekend. Baie oud-leerders het waardering vir die rol wat die skool in hul opvoeding en vorming gespeel het.

​

Die skool beskik oor dinamiese en ervare opvoeders wat oor die kundigheid beskik om waardegedrewe onderwys aan u kind te gee. Die kwaliteit van opvoeders dra daartoe by dat die leerders opvoeding van hoë gehalte ontvang. Die kind en sy geluk word altyd eerste gestel.

IMG_7854_preview__1_-removebg-preview.png

Mnr. W. Cloete - Skoolhoof

Rekenaartegnologie geskik vir die 4IR!

Laerskool Wesbank beskik oor twee gevorderde rekenaarlokale wat onder meer rekenaars, skootrekenaars en tablette insluit. Rekenaargeïntegreerde werk word in die daaglikse rooster ingesluit tesame met buitemuurse rekenaarklubs en aktiwiteite! Die skool beskik oor blitsvinnige optiese vesel internet en "SmartClassrooms" wat elke klaskamer met behulp van interaktiewe witborde tot die internet verbind.

WhatsApp Image 2022-05-05 at 7.58.14 AM.jpeg

Moderne Fasiliteite

Ons moderne benadering ten opsigte van afrigting en ontwikkeling skep ruimte vir optimale benutting.

Nuwe generasie kunsmatige gras oppervlak bied leerders toegang tot moderne sportfasiliteite. 

WhatsApp Image 2022-06-24 at 3.23_edited.png

Akademie

Die uitgangspunt van die beheerliggaam is om te verseker dat die leerdergetalle per klas nie te groot moet wees nie sodat effektiewe onderrig tot elke kind kan deurdring, daarom word ekstra onderwysers deur die beheerliggaam aangestel en vergoed.. In elke graad 1-klas is daar ‘n klasassistent. Daar is ook ‘n klasassistent in grade 2 en 3. Gr. 4 het ook ‘n klasassistent en daar is 1 klasassistent wat wissel tussen Gr. 5 en 6. Die assistente help met administrasie en onderrig van leerders in groepe.

 

Ons spandeer baie tyd aan Lees, Wiskunde en Klanke vanaf graad 1 omdat dit die kern van suksesvolle onderwys is. Die skool het reeds verskeie kere spesiale toekennings van die Minister van Onderwys ontvang vir uitstekende prestasie in Wiskunde en Geletterdheid. Die skool was telkens die beste in die Suid-Kaap en onder die top 10 skole in die Wes-Kaap. Baie persoonlike aandag word deur ervare opvoeders aan die leerders gegee. Die leerders ontvang remediërende onderrig by ‘n gekwalifiseerde remediërende opvoeder sowel as die skool se eie didaktiese hulpspan. ‘n Spraak- en Arbeidsterapeut is ook beskikbaar

 

Me S Wallace - Adjunkhoof

WhatsApp Image 2022-05-17 at 8.35.12 AM (5).jpeg
WhatsApp Image 2022-05-17 at 8.35.12 AM (2).jpeg
WhatsApp Image 2022-05-17 at 8.35.12 AM (7).jpeg
WhatsApp Image 2022-05-17 at 8.35.12 AM (1).jpeg
WhatsApp_Image_2022-05-17_at_3.24.09_PM-removebg-preview.png
WhatsApp Image 2022-05-15 at 7.59_edited.jpg
WhatsApp_Image_2022-05-17_at_2.47.44_PM__1_-removebg-preview.png
WhatsApp_Image_2022-05-17_at_2.47.43_PM-removebg-preview.png
rugby-removebg-preview (1).png

Sport

Laerskool Wesbank  bied 'n wye verskeidenheid van sportsoorte aan om aan alle leerders se behoeftes te voldoen. Doelgerigte afrigters sorg vir suksesvolle resultate met 'n medidingende benadering. Leerders word aangemoedig om sport te geniet en volg die leuse:

"Om te wen is goed. Om deel te neem is beter. Om te geniet is die beste!"

 

Ons bied die volgende sportsoorte aan:

Rugby

Hokkie

Tennis

Netbal

Skaak

Atletiek

 

WhatsApp_Image_2022-05-17_at_10.45.02_AM__1_-removebg-preview.png
WhatsApp_Image_2022-05-17_at_10.45.01_AM__1_-removebg-preview.png
koor.jpeg

Kultuur

Laerskool Wesbank se musiekdepartement bied leerders van alle grade die geleentheid om kennis te maak met 'n wye verskeidenheid instrumente asook musiektoerieë.

Ons musiekdepartement bied die volgende aan ons leerders: Individuele lesse in klavier, sang en blokfluit.

SOSIALE MEDIA

  • Instagram
  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
  • YouTube
  • TikTok

KONTAK ONS

ONS DEUR STAAN ALTYD OOP!

044 279 1731 | 

Instagram_logo_2016.svg.webp
d6-icon.png
  • Facebook

INSTAGRAM

D6 COMMUNICATOR

FACEBOOK

1-removebg-preview_edited.png
speech bg.png
bottom of page