top of page

Christelik-ondersteunde Onderwys en Opvoeding.

Om die voorskoolse kind positief in te stel t.o.v. die formele onderwys

'n Hoë standaard op die gebied van skoolgereedheid, insluitend emosionele, sosiale, taal, kognitiewe, fisiese en perseptuele ontwikkeling.

Gelukkige, gedissiplineerde kinders.

PRE-PRIMER

Ons glo daarin om slegs die beste vir ons kleuters te bied, daarom is die opvoedingstaak wat aan ons toevertrou is vir ons 'n groot uitdaging en beslis 'n wonderlike voorreg!

121026593_2764684750445020_3555549294279842552_n-removebg-preview__1_-removebg-preview (1)

Al spelende leer ons en al lerende speel ons.

121026593_2764684750445020_3555549294279842552_n-removebg-preview__1_-removebg-preview (1)

'n Verrykende en gelukkige ervaring vir almal!

"Ons as onderwyseresse en u as ouers vorm ‘n span om saam vir ons kinders ’n goeie voorskoolse grondslag te lê en terselfdertyd hul ervaringsveld te verbreed. Daarom beklemtoon ons die feit dat ons afhanklik is van u lojale ondersteuning en samewerking. Saam as ‘n span dra ons u kleuter se belange op die hart. U as ouers moet asseblief die vrymoedigheid neem om ons te skakel of 'n afspraak by die skool te reël indien u enige vrae, probleme of ervarings rakende u kleuter met ons wil deel. Dit is ons erns om elke kleuter deeglik te leer ken en terselfdertyd gelukkige ouers te hê.

Ons nooi u vriendelik uit om ons skool enige tyd te kom besoek en betrokke te raak by die oueraktiwiteite van ons Preprimêre Skool. Op hierdie wyse sal ons mekaar beter leer ken en as span kan saamwerk tot voordeel van elke kleuter se onderrig en opvoeding. Baie dankie vir die vertroue wat u reeds in Wesbank Preprimêre Skool gestel het. Ons wil u verseker dat ons hierdie Godgegewe roeping na die beste van ons vermoë sal uitleef tot voordeel van elke kleuter wat Hy aan ons toevertrou het."

84700110_10157797107475336_3151337107029491712_n-removebg-preview.png

Me. J van der Westhuizen - Skoolhoof

280893179_3204269706486520_3610711292721199321_n.jpg
278142800_3178574735722684_3385487285172874799_n.jpg
281570476_3204263239820500_9178734836961554195_n.jpg
277818410_3178597852387039_1986389296423166390_n.jpg
277300287_3163745157205642_3491237832792690909_n.jpg
282488792_3204261706487320_9117840602090523956_n.jpg
282488792_3204261706487320_9117840602090523956_n.jpg
281295502_3204269676486523_2958116094652797535_n-removebg-preview.png
bottom of page