REKENAARS & TEGNOLOGIE
GEVORDERDE REKENAARONDERRIG EN PROGRAMMERING STEL ONS LEERDERS IN STAAT OM DIE TOEKOMS MET GEREEDHEID AAN TE PAK!
Rekenaargeïntegreerde onderrig & Kodering
Rekenaartegnologie en kodering word as deel van die kurrikullum aangebied om leerders die geleentheid te bied om 'n deeglike inleiding tot programmering en kodering te ervaar. Met die oog op gemengde leer word die gebruik van rekenaarstelsels en mobiele toestelle stelselmatig deel van daaglikse lesse en aanbiedings. Leerders word aangemoedig om selfstandige leer deur middel van tegnologie toe te pas. DIe volgende aanlynpakette word as steunpilaar vir tegnologiese leer gebruik:
Green Shoot is ons KABV-geïntegreerde weeklikse Wiskunde oefenprogram. Leerders werk individueel op tablette met hul eie profiel met deeglike rekordhouding vir onderwysers. Tabletgebruik in klasse stel onderwysers in staat om probleemareas aan te spreek en uit te stryk!
"Technology is just a tool. In terms of getting the kids working together and motivating them, the teacher is the most important..." - Bill Gates
REKENAARKLUB
NASKOOLSE REKENAARKLUB EN AANLYN AKTIWTEITE
Laerskool Wesbank bied rekenaarklasse as 'n buitemuurse aktiwiteit aan. Leerders van Gr 1-7 word die geleentheintheid gebied om deel te wees van die rekenaarklub. Die klasse fokus op basiese woordverwerking en gebruik van die Microsoft Office pakket tot en met kodering en meer gevorderde internetgebruik en integrasie.
Tablette en laptops word in klasse gebruik vir navorsing op die internet, Youtube en sekere toepassings (apps). Die skool is toegerus met optiese veselkabels en wifi.