top of page
W sonder background.png

SPORT

LEHANDRU-removebg-preview.png
STIAAN-removebg-preview.png
HUGO-removebg-preview.png
KALLIE-removebg-preview.png

RUGBY

Vyf verskillende ouderdomsgroepe met drie spanne in elke ouderdomsgroep. Ons spog met toegewyde afrigters wat deurgaans op ontwikkelingsowel as prestasie fokus. Spelers presteer gereeld op provinsiale gebied en daar word gereeld SWD spelers opgelewer.  Ons 0.13A rugby span van 2022 spog met Å„ onoorwonne seisoen.
Ons is ook bevoorreg om Å„ Vlak 2 Rugby afrigter by ons skool te hê wat ons seuns goed voorberei vir hul Hoërskool rugby en of selfs vir die van hul wat Å„ loopbaan in rugby wil maak.

Mini-Rugby 0.7 - 0.9

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
FAGON-removebg-preview.png
LYNSTAAN-removebg-preview.png
LIAN-removebg-preview.png
stickers-sport-silhouette-rugby-football-running-kicking-for-touch.jpg-removebg-preview.pn
9895242cc45ca774afe771610f8efe22--vector-free-vector-graphics-removebg-preview.png
76-760906_fast5-netball-world-series-sport-clip-art-netball-player-silhouette-png-removebg
360_F_331389703_cc98kdLkmBD7QeTA5NyhqnH3VLzudN75-removebg-preview.png

NETBAL

Ons het bekwame afrigters en hulp- afrigters wat verseker dat al die spanne die nodige aandag en afrigting kry. Die liefde vir netbal word reeds in pre- primêr gekweek waar afrigters sekere vaardighede vir hul aanleer. Elke ouderdomsgroep wissel van 3 spanne tot soms 5 spanne per graad, wat vir ons sê dat ons dogters werklik die sport geniet! Ons skool reël ons eie afrigtingskliniek waar ons  bekende afrigters afvlieg uit Pretoria om ons kennis van afrigters op datum te hou. Ons  splinternuwe netbalbane wat in 2022 oorgedoen is - verseker dat al die ouderdomgroepe genoeg bane het om gemaklik op te kan oefen. Ons skool maak dit moontlik vir jaarlikse toere. 0.11 tot 0.13 Rugby en Netbal spring sommer vroeg weg jaarliks met ñ toer na Porterville. Daarna vertrek die 0.13 Netbalspan na Topskole Toernooi om deel te neem teen die beste skole in die land soos bv. Wierdapark, Belville, Fairland en Constantiapark, waar ons span dan die geleentheid kry om voor te berei vir die liga wedstryde. Ons skool kan ook spog met Topskole uitspeel in Johannesburg waar die beste 10 skole bymekaar kom en meeding vir die SA 0.13 Beker. 0.9 Netbalgroep het ñ jaarlikse instelling om Robertson toe te toer en die 0.11 spanne toer na Jeffreysbaai. Einde van elke seisoen toer die 0.13 Hokkie, Rugby en Netbal na Kaapstad om daar die laaste wedstryde vir hul laerskoolloopbaan uit te draf.

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
WhatsApp_Image_2022-05-17_at_2.47.43_PM-removebg-preview.png
WhatsApp_Image_2022-05-17_at_2.47.44_PM__1_-removebg-preview.png
WhatsApp_Image_2022-05-17_at_10.45.02_AM__1_-removebg-preview.png

SEUNS- & DOGTERS-
HOKKIE

Laerskool Wesbank bied seuns- en dogtershokkie aan met groot sukses. Daar is jaarliks 'n suksesvolle hokkiedag wat vele skole van die Tuinroete en Karoo lok!

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn

TENNIS

Ons tennisspanne presteer jaarliks uitstekend in 'n verskeidenheid toernooie!

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
d10a1e1b-3744-464f-aa0f-c5e9746cd714_edited.png
WhatsApp Image 2022-09-27 at 1.29_edited.png

KRIEKET

Krieket word in die 1ste en 4de kwartaal aangebied met geleenthede om teen plaaslike skole sowel as skole van die Tuinroete deel te neem met groot sukses. Wesbank skakel ook op 'n positiewe wyse by SWD krieket in om spelers die geleentheid te gee om provinsiale blootstelling te geniet. 

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn

ATLETIEK

Laerskool Wesbank se atletiek trek massadeelname van ons leerders met ons jaarlikse kleuresport en atletiekbyeenkoms. Atlete word van daar af die geleentheid gebied om aan streekskompetisies deel te neem met die oog op die SA byeenkoms. 

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
IMG_0200-removebg-preview.png
bottom of page